CERN

Ligging van die Groot Hadronversneller
Struktuur van die huidige stelsel.
Lugfoto van CERN se geboue.
██ CERN lidlande: 21 ██ Toetreding aan die gang: 3 lande ██ Verklaar bedoeling om aan te sluit: 3 lande ██ Waarnemers: 4 + EU en Turkye ██ Samewerkingsooreenkoms: 35 + Slowenië, Siprus ██ Wetenskaplike kontakte: 19 lande

CERN (afkorting vir Conseil Européen pour la Recherche Nucléaire, Europese Kernnavorsingsraad[1]) is ’n groot wetenskaporganisasie in Genève, Switserland, wat deeltjiefisika bestudeer en die wêreld se grootste deeltjiefisika-laboratorium bedryf. Die organisasie is in 1954 gestig en is geleë in die noordwestelike voorstede van Genève op die grens tussen Frankryk en Switserland. Altesame 20 Europese lande is lid daarvan en die sentrum is bekend vir sy groot en kragtige deeltjieversnellers (spesiale masjiene wat baie klein materiepartikels teen hoë snelhede laat beweeg). Sy nuutste versneller, die Groot Hadron-versneller, is die kragtigste ter wêreld.[2]

Die term CERN word ook gebruik om na die laboratorium te verwys waar 2 400 voltydse en 1 500 deeltydse werknemers betrokke is en ongeveer 10 000 besoekende wetenskaplikes en ingenieurs van nagenoeg 608 universiteite en navorsingseenhede is. 113 nasionaliteite word daar verteenwoordig.

CERN se hooffunksie is om die deeltjieversnellers en ander infrastruktuur te verskaf wat nodig is vir hoë-energiefisikanavorsing – die resultaat is dat talle eksperimente uitgevoer is deur CERN na internasionale samewerkingsgeleenthede. Die Wêreldwye Web het ook hier ontstaan. Die hoofterrein by Meyrin huisves ’n groot rekenaar met ’n kragtige dataverwerkingsfasiliteit, hoofsaaklik vir eksperimentele data-ontleding. Weens die behoefte aan beskikbaarheid van hierdie fasiliteite aan navorsers op ander plekke, is hierdie histories ’n groot kern vir ’n wye areanetwerk.

  1. Europese Organisasie vir Kernnavorsing, Frans: Organisation européenne pour la recherche nucléaire, Engels: European Organization for Nuclear Research
  2. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search